Privaatheidstelling vir Skenker-dankie-opname

From Wikimedia Foundation Governance Wiki
Revision as of 17:43, 28 February 2022 by Pcoombe (WMF) (talk | contribs) (Created page with "{{DISPLAYTITLE:Privaatheidstelling vir Skenker-dankie-opname}} {{Languages}} Hierdie stelling beskryf hoe en wanneer Wikimedia Foundation die inligting wat ons ontvang van deelnemers aan opnames inwin, gebruik en deel. Let asseblief op dat hierdie opname deur Survey Monkey gedryf word, wat beteken dat hulle gebruik van jou inligting deur hulle [https://www.surveymonkey.com/mp/legal/privacy-policy/ Privaatheidsbeleid] bestuur word. == Doel van hierdie opname == Ons waa...")
(diff) ← Older revision | Latest revision (diff) | Newer revision → (diff)

Hierdie stelling beskryf hoe en wanneer Wikimedia Foundation die inligting wat ons ontvang van deelnemers aan opnames inwin, gebruik en deel.

Let asseblief op dat hierdie opname deur Survey Monkey gedryf word, wat beteken dat hulle gebruik van jou inligting deur hulle Privaatheidsbeleid bestuur word.

Doel van hierdie opname

Ons waardeer jou terugvoer baie! Jou terugvoer sal ons help om ons skenkingsproses te verbeter.

Watter inligting ons inwin

Hierdie opname win die terugvoer in wat jy in reaksie op die vrae gegee het; daar is twee tipes antwoorde: gedefinieerde terugvoer en vrye-vorm terugvoer. Jy het ook die opsie om jou e-posadres aan ons te verskaf; ons sal hierdie inligting gebruik om jou te kontak vir toestemming om jou terugvoer openlik met toerekening te deel, en om jou ingelig te hou oor die Wikimedia projekte en Foundation.

Lisensiëring van opname-response

Voordat jy die vrye-vorm-terugvoer-vrae beantwoord, stem jy in dat ons jou antwoorde mag aanteken, en stem jy in om dit aan die openbare domein te skenk onder die bepalings van Creative Commons Zero 1.0 (volledige teks beskikbaar by https://creativecommons.org/publicdomain/zero/1.0/).

Deel en bekendmaking van inligting

Met die uitsondering van die omstandighede wat hierbo beskryf word, sal slegs die Wikimedia-personeel, kontrakteurs en diensverskaffers wat hierdie inligting moet verwerk ten einde ons skenkingsproses te administreer en te verbeter, en tot nieopenbaring-verpligtinge verbind is, toegang hê tot die rou data wat in hierdie opname ingewin word.

Die uitslae van hierdie opname sal op die volgende manier openlik gedeel word. Kollektiewe data oor die gedefineerde-terugvoer-vrae en anonieme rou-data-antwoorde op die vrye-vorm-terugvoer-vrae kan moontlik openlik gedeel word. Om daardie rede stel ons voor dat jy nie jou regte naam, e-posadres of ander persoonlike inligting in reaksie op enige vrae deel nie. Indien ons jou opmerking met toerekening wil deel, sal ons vir jou ’n e-pos stuur om jou toestemming te vra.

Ons kan moontlik enige versamelende inligting openbaar maak wanneer dit deur wetgewing vereis word, met jou toestemming, wanneer nodig om ons regte, privaatheid, veiligheid, gebruikers of die algemene publiek te beskerm, en wanneer nodig om ons Gebruiksvoorwaardes of enige ander Wikimedia-beleid af te dwing.

Belangrike inligting

Wikimedia Foundation is ’n globale organisasie wat toegewyd is om vryelik beskikbare kennis te bevorder. Deur jou terug voer in te dien, sê jy dat jy verstaan dat die inligting wat na Wikimedia Foundation oorgedra word ingewin, oorgedra, bewaar, verwerk, bekendgemaak en andersins gebruik sal word in die VS soos in hierdie privaatheidstelling uiteengesit. Jy verstaan ook dat die inligting moontlik deur ons van die VS na ander lande oorgedra kan word om die bogenoemde doelwitte en teikens te bereik. Hierdie lande kan moontlik verskillende of minder streng databeskermingswette as dié in jou land hê.

Wikimedia verstaan die belangrikheid van die privaatheid van gebruikers. Om hierdie rede werk ons hard om ons gebruikers teen ongemagtigde bekendmaking of gebruik van inligting wat ons behou, te beskerm. Inligting wat in hierdie opname voorsien word kan moontlik vir ’n onbepaalde tyd behou word. Raadpleeg ons Skenkerprivaatheidsbeleid vir meer inligting. Vir vrae oor hierdie opname of navrae oor toegang tot of uitwissing van jou antwoorde, kontak donate@wikimedia.org, en ons sal ‘n redelike pogings aanwend om aan jou versoek te voldoen.

Weereens baie dankie vir jou terugvoer!

Die Wikimedia Foundation

Let asseblief op dat, in geval van enige verskille in betekenis of interpretasie tussen die oorspronklike Engelse weergawe van hierdie dokument en ’n vertaling, die oorspronklike Engels voorkeur geniet.